Onderwêreld Afrikaans Boeke vir Skole Boeke vir Tieners Ouer Tieners by Fanie Viljoen - 1st January 201513th October 202311 “Hulle weet ek was in hulle systems. Hulle weet wat ek gedoen het. Hulle weet wie ek is.” Greg Owen is die hoofseun van ’n privaat seunskool wanneer Eckardt Wilken, ’n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen die twee seuns. Eckardt erken dat hy ’n voortreflike rekenaar-hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwêreld in wat hom, onwillekeurig, in ’n gevaarlike avontuur intrek. Met Eckardt se skielike en geheimsinnige verdwyning begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken. Die onderwêreld ken sy naam en roep hom om te kom speel. Die skrywer het uitvoerige navorsing gedoen oor kuberkraking en dit, tesame met ’n goed geskrewe en gekonseptualiseerde storielyn, maak vir spannende leesstof. Luister na Onderwêreld Anrich Herbst lees Onderwêreld voor. Klik hier om die luisterboek te kry. Sluit by Audible aan en kry die luisterboek gratis vir een maand. Amazon Prime Vervolg Die vervolg Donker Web het in Junie 2020 verskyn. Klik hier om meer uit te vind. Klik hier om dit aanlyn te bestel. Koop Belangrik: daar is ‘n kommersiële uitgawe en ‘n skooluitgawe van Onderwêreld. Koop Onderwêreld by jou naaste goeie boekwinkel. Klik hier en koop Onderwêreld by Loot. Klik hier en koop Onderwêreld by Takealot. Klik hier en bestel die skooluitgawe van Onderwêreld. Koop die e-boek by Amazon (klik op die Kindle-skakel vir die e-boek). Koop die oudioboek by Amazon Audible. Die skakels vir die onderwysgids verskyn onder. Onderwêreld in die klaskamer Onderwêreld is vanaf 2017 die voorgeskrewe boek vir matriek (Afrikaans Huistaal). Die skooluitgawe van die roman sal sentraal deur die Departement van Onderwys aangekoop en versprei word. Indien jy egter self vir jou ‘n kopie van die skooluitgawe wil aanskaf, stuur ‘n e-pos aan Mariette by lectio@iafrica.com Of klik hier om hulle webblad te besoek. Werkswinkels Henk Viljoen van NB Uitgewers reël werkswinkels landswyd. Kontak hom by henk.viljoen@nb.co.za Studiegids Fanie Viljoen en dr. Riens Vosloo het saam ‘n nuwe omvattende studiewerkgids geskryf. Dit het meer as 500 vrae vir Onderwêreld en is onontbeerlik in die klas. Laat die skrywer self die voorgeskrewe boek vir jou en jou leerders ontsluit. Vra daarvoor by jou naaste boekwinkel, of klik hier om dit by ‘n internetboekwinkel te bestel. Koop die e-gids by Amazon. Andersins, stuur ‘n e-pos aan henk.viljoen@nb.co.za. Henk sal jou verwys na boekhandelaars in jou omgewing. Die Best Books studiewerkgids is ‘n alreeds ‘n topverkoper. Belangrike nota: As jy iewers op die internet nog op ‘n ou PDF-studiegids van Onderwêreld afkom, neem asseblief kennis dat dit nie op ‘n Graad 12 Huistaal- vlak geskryf is nie. Best Books se studiewerkgids is ‘n volledige bywerking van die ou gids wat jare gelede op die internet geplaas is. Daar is vollediger en meer toepaslike inligting in die Best Books-gids wat matrieks ten volle sal toerus vir die eksamen. Errata Daar is gedeeltes in die addisionele inligting van die skooluitgawe (eerste uitgawe) wat nie korrek is nie, of onvolledig is. Klik asseblief op die onderstaande skakel vir gedeeltes wat in die tweede uitgawe reggestel gaan word. Errata Toneelstuk André Stolz se toneelgeselskap reis een keer per jaar deur die land met ‘n Onderwêreld-toneelstuk. Indien jy wil hê hulle moet by jou skool aandoen, kontak gerus so gou as moontlik vir André. Die toerprogram word alreeds vroeg in die jaar vasgemaak. E-posadres: productions@andrestolz.com Facebook: https://www.facebook.com/andrestolzproductions/ Donker Web Die langverwagte vervolg op Onderwêreld het in Junie 2020. Klik hier om meer uit te vind. Klik hier om dit te koop of plaas kry die boek by jou plaaslike boekwinkel. Klik hier om die skooluitgawe van Donker Web te koop. Kyk na die reeks video’s Op YouTube is ‘n reeks video’s waarin Fanie oor Onderwêreld praat. Klik hier, of kyk op die YouTube-kanaal “FanieViljoenFlieks“. Het jy geweet? Onderwêreld is ook as e-boek en luisterboek beskikbaar. Die luisterboek is beskikbaar op Amazon. Meer inligting vir onderwysers en leerders Klik op die skakels vir artikels oor Onderwêreld: Voldoen Onderwêreld deur Fanie Viljoen aan die norme vir ’n geslaagde voorgeskrewe werk vir graad 12 Afrikaans Huistaal-leerders? Onderwêreld: gewaagd of geslaagd? Fanie Viljoen se Onderwêreld as voorbeeld van die gesag- en magstryd in die jeugroman. ‘n Video opgeneem by LOK 2017 Video opgeneem by LOK 2017: Onderwêreld in my klaskamer. Diané la Grange van Proteahoogte Akademie verduidelik hoe jy die voorgeskrewe vraestel moet beantwoord, met spesifieke verwysing na Onderwêreld. Nuusbriewe Klik hier en teken in op Fanie se nuusbrief vir Laerskole. Klik hier en teken in op Fanie se nuusbrief vir Hoërskole. Resensies Viljoen verdien ’n veertjie in sy hoed vir die uitstekende navorsing wat hierdie boek voorafgegaan het. Hy gebruik werklike rekenaarvirusse en sisteme, en maak die prosesse van hacking vir enige leser verstaanbaar. Wat Onderwêreld verder belangrik maak, is dat dit ’n inligtingstuk is wat jou sal ruk, omdat dit ’n deel uitmaak van ons elkeen se alledaagse, moderne lewens. Dit laat jou die moontlikheid van die Internet as slagveld besef – Wêreldoorlog III en IV tegelyk, met die natuur en die digitale (onder-) wêreld wat ons bedreig. Onderwêreld weerspieël akkuraat die sleng wat hoërskoolleerlinge gebruik en bevraagteken die sportmal wenmentaliteit in skole. Dit beeld ook die vrylik beskikbare pornografie op die Internet, drank, dwelms en seks uit waartoe tieners hul wend. Dit skets die harde werklikheid waarin hoërskoolleerlinge hul vandag bevind – ek kan jou waarborg dit is nie meer die sorgelose dae waarin kaalvoet-Boksombendes gestig word nie. Hierdie boek is daarom belangrike kritiek op ons samelewing. As jy wil, kan jy glo dat ons nog in die era leef waar dinge in rekenaarterme óf “OK” óf “Cancel” is. Onderwêreld, nes Viljoen se BreinBliksem, verdien om as Afrikaanse jeuglektuur bekroon en, belangriker nog, geléés te word. Pieter Schuurman (Beeld) 7 November 2008 Onderwêreld is ’n spanningsvolle eietydse verhaal, wat so reg in die smaak van baie tienerseuns behoort te val. Hulle behoort al die rekenaar/internet-inligting interessant te vind; ekself het maar ’n bietjie ‘gebattle’ met al die rekenaarterminologie! Maar dan kan selfs ’n rekenaarongeletterde nie anders as om betrokke te bly nie, want die storielyn is so spanningsvol. Ek dink nie ons het al voorheen ’n soortgelyke tema vir tieners in Afrikaans gehad nie. Lekker leesstof veral vir seuns, waar die skrywer ook deeglik navorsing oor sy materiaal gedoen het met die gee van ’n Bronnelys; en die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies. ’n Deeglike stukkie werk. Aanbeveel. Lona Gericke (IBBY SA) Desember 2008 Die boek is goed nagevors en die hantering van die aanloklike gegewe oor kaping is pluspunte. Die leser word subtiel teen verleiding op daardie gebied gewaarsku. Die boek boei enduit en die taalgebruik is tipies van dit wat ’n mens van daardie wêreld verwag. Rapport Tydskrif – 26 Oktober 2008 Selde sit ek helder oordag by my lessenaar en lees skelmpies ’n storieboek. Onderwêreld het my van meet af meegesleur. Viljoen vleg ’n tiener-met-’n-probleem-storie en ’n speurverhaal netjies saam binne die koshuis-milieu. Die inligting wat hy oor kubermisdaad inwerk, verleen ’n nuwe dimensie aan bekende patrone en help spanning bou. Meer ervare rillerlesers sou dalk beter as ek die spore kon volg en vooruitloop, maar Viljoen se jakkalsdraaie het my telkens uitasem gelaat. Soos in sy vorige boek vir jong volwassenes, BreinBliksem, slaan sy verhaal ’n mens tussen die oë, maar van lekkerkry lees jy voort, ook omdat die karakters se emosionele motivering oortuigend is. Viljoen skep leesaas vir lui seunslesers, en plesier vir enigeen wat ’n slim uitgewerkte riller geniet. Coenraad Walters – Boeke Insig #6 Somer Soos met BreinBliksem, is hier weer ’n treffer vir Millenniërlesers uit die pen van die veelsydige en bekroonde jeugskrywer, Fanie Viljoen. Deur middel van uitstekende navorsing word die eietydse probleme van kubermisdaad en tienerselfmoord verweef in ’n tipiese rykmanskool- en koshuisstorie. Die boek bevat kort, vinnig leesbare hoofstukke, met ’n nabootsing van virtuele tipografie en hipernetwerk-woordeskat wat die elektroniese wêreld van kommunikasie en transaksies treffend uitbeeld. Die teks sal as jeugletterkunde die verbeelding van (waarskynlik hoofsaaklik manlike, maar selfs ook nuuskierige vroulike) lesers kan aangryp om ’n spanningsvolle leeservaring te verseker. Die verhaal voldoen aan die funksies van jeugliteratuur daarin dat dit die emosionele krisisse van die hoofkarakter waarmee lesers kan identifiseer uitbeeld, sonder pretensie die maatskaplike konteks van korrupsie ontmasker, en die verwagtingshorison en leefwêreld van tienerlesers in tienerafrikaans betekenisvol uitbrei en verryk. Dr. Estelle Kruger Amazon Prime Save Save Save Save Save Share on Facebook Share 0 Share on TwitterTweet Share on Pinterest Share 0 Share on LinkedIn Share Share on Digg Share 0 Total Shares